Onvoldoende begroting belemmer implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie

’n Veilige en volhoubare landbousektor en voedselsekerheid word ondermyn met die nie-implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie (NRSS). Dit was Vrystaat Landbou se boodskap aan die Minister van Polisie, mnr Cele by die Nasionale Landelike Veiligheidsberaad...







