


Alternatiewe energie is een van die onderwerpe wat by prof Johan Willemse se kwartaallikse landboumarkwerksessie in Bloemfontein bespreek sal word.
Dr Phillip Olivier is 'n gasspreker en sal op 3 Mei 2019 hieroor praat en lig werp op wanneer sonenergie werklik vrugte afwerp. Prof Willemse, 'n bekende landbou-ekonoom, se werksessies handel oor landboumarkvooruitsigte en word by die Biker's Church in die Rosestad gehou.
Willemse sal die makro-ekonomie, graanmarkte en hernubare energie, asook veemarkvooruitsigte, by sy tweede werkswinkel in 2019 bespreek.
'n Ligte middagete word ook voorsien. Besprekings moet teen Maandag 29 April 2019 gemaak word. Voorafbespreking is noodsaaklik.
Datum: 3 Mei 2019
Ligging: Biker's Church (Tempe-lughawepad; verby Langenhovenpark)
Registrasie: 09:00 – 10:00
Tyd: 10:00 – 13:30
Prys: R300 per persoon
Sluitingsdatum: Bespreek teen 29 April 2019
Voorafbespreking is noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
9Plasings
180Plasings
15Plasings
13Plasings