Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Rooivleisforum: Versterk jou stem

deel hierdie plasing

Primêre rooivleisprodusente regoor Suid-Afrika het nou die geleentheid om hul stem te versterk deur deel te word van die Rooivleisforum – 'n inisiatief deur Vrystaat Landbou, wat daarop gemik is om produsente se uitdagings op grondvlak te identifiseer, hul belange te bevorder en samewerking binne die bedryf te versterk.

Alhoewel die Forum deur Vrystaat Landbou gestig is, is dit nie beperk tot die Vrystaat nie. Produsente van alle provinsies word genooi om aan te sluit en deel te neem aan 'n groter, gesamentlike poging om 'n volhoubare en winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika te bevorder.

“Dit is belangrik dat produsente se werklike behoeftes en uitdagings gehoor en geopper en op die regte platforms aangespreek word,’ sê Friedl von Maltitz, voorsitter van die Rooivleisforum.

Von Maltitz sê dat die Forum as 'n kommunikasie- en samewerkingsplatform sal dien waar knelpunte vroeg geïdentifiseer kan word, relevante bedryfsinligting gedeel kan word en produsentebelange sterker verteenwoordig kan word.

“Die fokus is op wat vir produsente saak maak, naamlik die volhoubaarheid en winsgewendheid van hul besighede, sowel as die langtermyn-toekoms van die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf.”

Wie kan aansluit?

Lidmaatskap is oop vir primêre rooivleisprodusente regoor Suid-Afrika, ongeag in watter provinsie hulle boer.

Bestaande Vrystaat Landbou-lede kan gratis registreer, terwyl ander produsente kan aansluit vir 'n minimum bedrag van R100 per maand of R1 200 per jaar.

Registreer aanlyn by: https://www.vrystaatlandbou.co.za/rooivleisforum/