


"Ons is versigtig optimisties dat die tesourie infrastruktuurinvestering sal versnel, wat hy erken die ruggraat van 'n florerende ekonomie is." Dit was die reaksie van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL) op minister Enoch Godongwana se 2022-begrotingsrede.
Volgens Wilken word 50% van die landbousektor se inkomste deur uitvoer gegenereer. "Ons sou graag wou sien dat meer klem op landelike padinfrastruktuur geplaas word, met uitvoerinfrastruktuur ook 'n prioriteit."
Indien die begroting saamgelees word met die komende Wysigingswetsontwerp op die Afdeling van Inkomste, hoop Vrystaat Landbou dat die Vrystaatse provinsie hierdie fondse sal kan aanwend om infrastruktuurontwikkeling/herstelwerk te versnel.
“Ons moedig die siviele sektor aan om voorstelle te maak vir pad- en siviele projekte wat landbou ’n hupstoot gee, om aansoek te doen vir die R17,5 miljard infrastruktuur-katalitiese projekte-fonds.”
Wilken meen dit is goeie nuus dat die brandstofbelasting en heffings nie verhoog gaan word nie.
VL is egter teleurgesteld dat niks pertinent gesê is oor die huidige vloedrampklassifikasie nie. Melding is gemaak van 'n R10 miljard gebeurlikheidsreserwe en VL spreek die hoop uit dat dit beskikbaar sal wees vir doeltreffende ramphulp indien en wanneer nodig.
VL verwelkom die oënskynlike verandering van rigting om die land se fiskale tekort te verminder. Hoewel dit ’n erkenning is dat die staat te “groot” is, is die besparingsmaatreëls wat hiervoor nodig is steeds nie duidelik nie.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
9Plasings
180Plasings
15Plasings
13Plasings