
News
Membership
Free State Agriculture (FSA) is every member who chooses
to become involved in his local agricultural community by joining an active agricultural association.
share this post
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
Vrystaat Landbou (VL) verwelkom dat die regsproses van die vermeende moordenaars van Brendin Horner begin het en hoop dat hulle nie borg toegestaan word nie. Volgens die organisasie se President, Francois Wilken, is dit belangrik dat die aandag nie van hierdie regsproses afgetrek moet word nie. “Geregtigheid vir Brendin en sy gesin bly die belangrikste”, het Wilken gesê.
Volgens Vrystaat Landbou wys die gebeure rondom Senekal dat Suid-Afrika by ‘n kruispad staan. Geweldsmisdaad in die algemeen, maar spesifiek geweld teenoor boere en plaaswerkers, is besig om gemeenskappe te verdeel. “Gesien in die lig van die regering se voortgesette onteieningsplanne – wat ook hierdie week stoom gekry het – sal georganiseerde landbou sterker na vore moet tree om die belang van landbou en die plattelandse gemeenskap te verteenwoordig”, het Wilken gesê.
Vandeesweek het die staat verskeie belangrike ondernemings aan die landbou-
gemeenskap gemaak, wat insluit optrede teen korrupte SAPD-lede en om op die bekamping van plaasaanvalle te fokus. VL verwelkom die regering se toetrede, maar vereis nou daadwerklike resultate. Geskiedenis toon egter dat georganiseerde landbou nie goedgelowig kan terug sit en vir die regering wag nie. Daarom sal georganiseerde landbou self inisiatief aan die dag lê om omstandighede te verbeter.
Die emosie rondom die Senekal protesaksies toon dat plaasaanvalle vir baie mense en gemeenskappe simbolies geraak het van wat alles in Suid-Afrika fout gaan. Dit beteken dat landbou by ‘n groter debat betrek word. Daarom sal ons ons bestaande taktiek moet heroorweeg.
“Steun uit eie geledere, maar ook uit die gemeenskap is belangrik vir ‘n suksesvolle en volhoubare landbou-omgewing”, het Wilken gesê. Dit is landbou se plig om met waardering en omsigtigheid hierdie steun te ontgin. Daarom sal boere in die toekoms pro-aktief moet toetree ten einde hul eie stem en die gemeenskap se stemme rakende landelike veiligheid te laat hoor.
Media navrae kan gerig word aan Francois Wilken, Vrystaat Landbou President 083 390 1831 of vise-president, Tommie Esterhuyse 082 782 0668.
Recent News
Campaigns
8Posts
Economic Reports - 2019
4Posts
Media Releases - 2020
11Posts
Media Releases – 2019
9Posts
Media Releases 2021
68Posts
Media Releases 2022
31Posts
Media Releases 2023
16Posts
Media Releases 2024
18Posts
Media Releases 2025
11Posts
Media Releases 2026
6Posts
News
177Posts
Newsletters
15Posts
Uncategorized
13Posts

