


’n Skenking van R50 000 is deur Vrystaat Landbou aan die Agri SA Ramphulpstigting goedgekeur. “Dit is met groot dankbaarheid en waardering aan ons buurprovinsie vir hul harde werk om die sprinkane te vernietig voordat hulle kans kan kry om oor te vlieg na die Vrystaat,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou.
Agri SA het ’n oproep uitgestuur vir befondsing vir die dringende lugbespuiting van sprinkane in die Noord-Kaap, waar sprinkaanbeamptes op die grond oorval is deur massiewe swerms wat uitbroei.
Ná ’n dringende versoek deur die georganiseerde landbou vir lugbespuitingondersteuning was die regering nie gerat om vinnig ’n noodplan uit te voer nie en moes eers ’n tenderproses begin. “Ons kon nie staan en wag vir die staat nie,” sê Wilken, “en daarom het die VL Uitvoerende Komitee goedgekeur om R50 000 uit ons rampfonds by te dra om die onmiddellike krisis te vermy.”
Vrystaat Landbou bedank alle ondersteuners wat bygedra het tot ons rampfonds wat hierdie nodige aksie moontlik gemaak het. “Totdat die eerste ryp middel April voorkom, sal sprinkane steeds kan uitbroei met die huidige gunstige weerstoestande “waarsku Wilken,” so die krisis is nog lank nie verby nie. ”
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
9Plasings
180Plasings
15Plasings
13Plasings