VRYSTAAT LANDBOU ROOIVLEIS FORUM
Jou stem. Jou boerdery. Jou toekoms.
Die Rooivleis Forum, ’n inisiatief van Vrystaat Landbou, plaas Suid-Afrikaanse primêre rooivleisprodusente waar hulle hoort – in die middel van die gesprek.
Rooivleisproduksie is die hartklop van talle boerderye en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika. Tog word produsente daagliks gekonfronteer met uitdagings wat hul winsgewendheid, volhoubaarheid en voortbestaan beïnvloed.
Die Rooivleis Forum wil verseker dat hierdie uitdagings nie net gehoor word nie, maar geïdentifiseer, gekommunikeer en op die regte platforms aangespreek word.
Die Forum skep ’n direkte skakel tussen rooivleisprodusente en Vrystaat Landbou om:
- grondvlakprobleme en knelpunte vroegtydig te identifiseer;
- die belange en stem van primêre rooivleisprodusente te versterk;
- relevante bedryfsinligting vinnig en duidelik aan produsente deur te gee;
- gesprek en samewerking tussen produsente te bevorder; en
- te fokus op dit wat uiteindelik saak maak: ’n volhoubare én winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika.
PRAAT SAAM. BLY INGELIG. BOU SAAM.
Die Rooivleis Forum behoort aan die produsente van Suid-Afrika wat elke dag die risiko neem, die vee versorg en die SA rooivleisbedryf aan die gang hou.
Deur in te teken, stem jy in tot ons Terme en Voorwaardes. Sien ons Terugbetaling en Kansellasie en Afleweringsbeleide.
Betalings word veilig deur Payfast verwerk. Geen kaartbesonderhede word op hierdie webwerf gestoor nie.
Verkies u ’n debietorder?
Vul u besonderhede in en ons Ledebeampte sal u skakel om ’n maandelikse debietorder te reël.