Hiermee ondersteun ek Vrystaat Landbou se opleidingsveldtog om landelike gebiede te beveilig.

Die land se boerderygemeenskappe ly daaronder omdat misdadigers boere, werkers en kleinhoewe-eienaars teiken. Waar hierdie gemeenskappe nie voorbereid is nie, word mense aangeval en selfs gruwelik vermoor.
Met u hulp wil Vrystaat Landbou hierdie probleem dringend aanspreek en oplos. Voltooi die vorm hieronder om ondersteuning aan boerderygemeenskappe te bied om hulself te bemagtig deur opleiding om veiliger gemeenskappe te vestig.

Die Vrystaat, sowel as die landelike gebiede en plaasgemeenskappe van die hele land, gaan gebuk onder misdadigers wat produsente, opkomende boere, werkers en selfs mense wat op plase of kleinhoewes woon, aanval en/of vermoor. Vrystaat Landbou se Landelike Beskermingstrategie (RPS) is om plaasaanvalle en plaasmoorde te voorkom deur kommunikasie-infrastruktuur, inligting en skakeling, bewusmaking, veiligheidsopleiding en tegnologiese hulpmiddels in boerderygemeenskappe te gebruik en te verbeter.
Misdadigers teiken plase met eiendomsverwante misdade; veediefstal en koperkabeldiefstal is die mees algemene probleme. Dit dra by tot groot finansiële verliese vir boere. Gevolglik kan hulle nie volhoubaar bly boer nie. Plattelandse dorpe word ekonomies verlam en ontvolk wanneer boere boerderypraktyke staak weens finansiële verliese wat weens misdaad gely is. Dit op sigself lei daartoe dat voedselsekerheid bedreig word.
VL vat hande met 'n privaat sekuriteitsmaatskappy om 14 modules van gestandaardiseerde opleiding aan boeregemeenskappe in 2 fases te bied. Sodoende kan boere hulself, hul gesinne, werkers en ander wat op die plase woon bemagtig om hulself en hul eiendom beter te beskerm.
Opleiding word in twee fases aangebied: