VRYSTAAT LANDBOU ROOIVLEIS FORUM

Lidmaatskap

Verkies u ’n debietorder

Reeds n VL Lid?

Jou stem. Jou boerdery. Jou toekoms.

Die Rooivleis Forum, ’n inisiatief van Vrystaat Landbou, plaas Suid-Afrikaanse primêre rooivleisprodusente waar hulle hoort – in die middel van die gesprek.

Rooivleisproduksie is die hartklop van talle boerderye en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika. Tog word produsente daagliks gekonfronteer met uitdagings wat hul winsgewendheid, volhoubaarheid en voortbestaan beïnvloed.

Die Rooivleis Forum wil verseker dat hierdie uitdagings nie net gehoor word nie, maar geïdentifiseer, gekommunikeer en op die regte platforms aangespreek word.

Die Forum skep ’n direkte skakel tussen rooivleisprodusente en Vrystaat Landbou om:

  • grondvlakprobleme en knelpunte vroegtydig te identifiseer;
  • die belange en stem van primêre rooivleisprodusente te versterk;
  • relevante bedryfsinligting vinnig en duidelik aan produsente deur te gee;
  • gesprek en samewerking tussen produsente te bevorder; en
  • te fokus op dit wat uiteindelik saak maak: ’n volhoubare én winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika.

PRAAT SAAM. BLY INGELIG. BOU SAAM.

Die Rooivleis Forum behoort aan die produsente van Suid-Afrika wat elke dag die risiko neem, die vee versorg en die SA rooivleisbedryf aan die gang hou.

Betalingsopsies

Hoe gereeld?

Minimum R100 per maand of R1 200 per jaar. Kies enige bedrag waarmee jy gemaklik is.

Dit is 'n maandelikse aftrekking. Dieselfde bedrag sal elke maand van jou kaart gehef word totdat jy dit kanselleer. Jy kan dit self te eniger tyd in jou rekening kanselleer.

Dit is 'n jaarlikse aftrekking. Dieselfde bedrag sal elke jaar van jou kaart gehef word totdat jy dit kanselleer. Jy kan dit self te eniger tyd in jou rekening kanselleer.

Deur in te teken, stem jy in tot ons Terme en Voorwaardes. Sien ons Terugbetaling en Kansellasie en Afleweringsbeleide.

Betalings word veilig deur Payfast verwerk. Geen kaartbesonderhede word op hierdie webwerf gestoor nie.

Verkies u ’n debietorder?

Vul u besonderhede in en ons Ledebeampte sal u skakel om ’n maandelikse debietorder te reël.

Reeds 'n lid van Vrystaat Landbou?

Lede sluit gratis by die Rooivleisforum aan. Vul jou besonderhede in en die kantoor sal jou registreer.

Hierdie veld is vir valideringsdoeleindes en moet onveranderd gelaat word.