Misdaad Op Plase

Wes-Vrystaat brande: 339 plase geraak

28 Oktober 2020

Vrystaat Landbou (VL) het gister, 27 Oktober 2020, besoek afgelê in die brand geteisterde gebied van die Wes-Vrystaat. Behoefte bepalings word plaaslik uitgevoer en behoort binne enkele dae afgehandel te wees. VL koördineer die groot getal skenkings na die boere in die geaffekteerde gebiede. 

Lees verder: Wes-Vrystaat brande: 339 plase geraak
 

Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in

25 Oktober 2020 

Groot dele van die Wes-Vrystaat lê in puin. Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ‘n verklaring gesê dat verlede week se wyd verspreide veldbrande een van die belangrikste landboustreke op hul knieë gedwing het.

Volgens Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, is duisende hektare se veld vernietig, diere verbrand, en miljoene rande se skade aangerig. Ook die jong landbouer Tewie Nel (28) is ernstig tydens brandbestryding beseer. 

Lees verder: Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in
 

Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL

19 Oktober 2020

In een van die ergste brande nog dié seisoen en die afgelope paar jaar, is sowat 100 000 ha in die Boshof/Dealesville/Hertzogville area verwoes. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is in die brande totaal en al verwoes.

Lees verder: Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL
 

Senekal - VL soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!

16 Oktober 2020 

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom dat die regsproses van die vermeende moordenaars van Brendin Horner begin het en hoop dat hulle nie borg toegestaan word nie. Volgens die organisasie se President, Francois Wilken, is dit belangrik dat die aandag nie van hierdie regsproses afgetrek moet word nie. “Geregtigheid vir Brendin en sy gesin bly die belangrikste”, het Wilken gesê. 

Lees verder: Senekal - VL soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!
 

VL en TLU SA vestig veiligheid bevelsentrum in VS

 

                       

15 Oktober 2020

Vrystaat Landbou (VL) en die Transvaal Landbou Unie SA (TLU SA) het ‘n behoefte geïdentifiseer om samewerking met alle veiligheidrolspelers in landbou te kommunikeer om georganiseerde, gestandaardiseerde en geakkrediteerde opleiding binne die Landelike Beveiliging Strategie (LBS) in boerderygemeenskappe in die Vrystaat te vestig. 

Lees verder: VL en TLU SA vestig veiligheid bevelsentrum in VS
 

VL eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede

13 Oktober 2020

Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL) het in ‘n memorandum aan senior Vrystaat staatsamptenare, LUR Polisie, Paaie en Vervoer, Mnr M.S. Mashinini en LUR Landbou en Landelike Ontwikkeling, Mnr. K.W. Bulwane, geëis dat dringende aksie deur die regering geneem moet word om die vlaag plaasaanvalle op boere en plaaswerkers te stop. 

Lees verder: VL eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede
 

Senekal-gebeure is gevolg van frustrasies en stryd teen misdaad

6 Oktober 2020

Die gebeure in Senekal op 6 Oktober 2020, is die gevolg van frustrasies en die letterlike oorkook van emosies van landbouers en die breë gemeenskap se stryd teen misdaad wat soos ‘n kanker onder die landbousektor en breë gemeenskap vreet. Landbouers, werknemers, vroue en kinders word blootgestel aan daaglikse brutale moorde en ernstige geweldsmisdade wat plaasaanvalle insluit, terwyl die algemene persepsie bestaan dat die regering hom eerder ophou met politieke ideologieë as om na die welstand van die land se bevolking om te sien en kosvoorsieners as ‘n prioriteit te ag.

Lees verder: Senekal-gebeure is gevolg van frustrasies en stryd teen misdaad
 

Jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken

 

4 Oktober 2020

Die jarelange versuim en bykans weiering om die broodnodige rol wat die landbousektor in sy geheel vir die land speel te erken is die oorsaak en gevolg van die sinnelose moord op die jong landbouer Brendin Horner in die fleur van sy lewe, wat hierdie week in die landbougemeenskap van Paul Roux brutaal vermoor is.

Vrystaat Landbou (VL) het met skok kennis geneem van die onsinnige moord op Mnr Horner wat aanduidend is van die kultuur wat oor verskeie jare posgevat het asook die versuim om hierdie vergrype te veroordeel en effektief vas te vat en spreek hom ten sterkste hierteenoor uit. 

Lees verder: Jarelange versuim om die belangrikheid van die landbouer te erken
 

Protesoptogte deur motorfiets-gemeenskap

30 Augustus 2020 

Die bewusmakingsveldtog deur motorfietsryers op 29 Augustus 2020 is aanduidend van die publiek se antagonisme jeens plaasaanvalle en voorvalle van ernstige geweld. In hierdie opsig wil Vrystaat Landbou sy dank uitspreek teenoor elke motorfietsryer en deelnemers wat aan die bewusmaking deelgeneem het en sodoende gehelp het om hierdie euwel wat in baie opsigte deur sommige politici en hul ondersteuners ontken is en word, weer op die voorgrond te plaas.    

Lees verder: Protesoptogte deur motorfiets-gemeenskap
 

Nóg ‘n plaasaanval op bejaarde boer langs Lesotho-grens


3 Julie 2020

Vrystaat Landbou (VL) het meer as 350 grensboere as lede wat by 10 dorpe langs die Lesotho grens boer. Die afgelope dekade het misdade teen die RSA/Lesotho grens meer as 500 boere genoop om boerdery te staak.

Francois Wilken, president van VL, het sy misnoeë uitgespreek met die ernstige geweldsmisdade wat plaasaanvalle insluit, wat besig is om in landbougemeenskappe langs die Lesothogrens toe te neem.

In 'n kwessie van 12 dae het 3 plaasaanvalle voorgekom by onderskeidelik ...

Lees verder: Nóg ‘n plaasaanval op bejaarde boer langs Lesotho-grens
 

VL/VKB Veiligheidskontrolelys

Met die toename in plaasaanvalle wil Vrystaat Landbou se VL/VKB Veiligheidslessenaar boere aanmoedig om die Veiligheidskontrolelys te voltooi.
 
Dit bevat 5 onder-afdelings wat sentraal is om die veiligheid van boere, hul gesinne en selfs werkers woonagtig op plase te verbeter. Die 5 afdelings handel oor: Kommunikasie, Sekuriteit in en om die huis, Verhoudinge net werkers, Inskakeling by Landelike Beveiligings Plan in u area en bemagtiging, Inligting skakeling.

Die kontrolelys kan hier afgelaai word

 

Bladsy 1 van 2