Digicoms

Nuusflitse - April 2020 - Misdade op landbougrond gedurende inperkingstydperk

Misdade op landbougrond gedurende inperkingstydperk 

VL het ‘n verslag uitgebring wat die misdade vir Maart 2020 asook die misdaadprent in die eerste week van inperking weergee. Sekere veiligheidsverteenwoordigers gee gereeld misdaadinsidente na hul veiligheidsverteenwoordigers en VL Veiligheidslessenaar deur. Een plaasaanval, waar ’n plaaswerker in die Hobhouse-area aangeval is, is vir April 2020 aangeteken.

Jakkals le Roux, Voorsitter van VL se Veiligheidskomitee, versoek landbouers om misdade asseblief aan te meld sodat dit na die onderskeie JOC’s deurgegee kan word. Alle misdade op landbougrond is hier ter sprake.