Digicoms

Nuusflitse – Februarie 2020 - Aansoeke vir reserviste aan SAPD deurgegee

Aansoeke vir reserviste aan SAPD deurgegee 

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aangedui dat hulle 223 reserviste in landelike gebiede in die Vrystaat wil werf. Die inligting is reeds sedert middel Januarie 2020 per Whatsapp aan landbougemeenskappe deurgegee. 

 

VL se Landelike Veiligheidskomitee versoek veiligheidsverteenwoordigers om getalle van aansoeke aan hul streekveiligheidsverteenwoordigers deur te gee om dit na die prioriteitskomitee te versprei.

Die getal aansoeke sal bepaal watter versoeke vir die desentralisering van vuurwapenopleiding vir reserviste in clusters na die Provinsiale kommissaris se kantoor gerig kan word. Navrae kan gerig word aan dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, by  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.