Digicoms

Nuusflitse – Februarie 2020 - Hersiende Landelike Beveiligingstrategie (LBS) word geloods

Hersiende Landelike Beveiligingstrategie (LBS) word geloods 

 

Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee beplan om die hersiende Landelike Beveiligingstrategie (LBS) gedurende Maart en April 2020 in alle gebiedskantore (clusters) in die Vrystaat uit te rol. Dié aksie sal saam met die Suid-Afrikaanse Polisie (SAPD) en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) plaasvind.

Die Rooivleisprodusente-Organisasie (RPO) se Veediefstal Voorkomings Forum en Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) is ook betrokke. Die onderstaande datums is van belang en spesifieke plekke/dorpe sal nog geïdentifiseer word waar die werkswinkels sal plaasvind:

  • Zamdela cluster – 12 Maart
  • Kroonstad cluster – 19 Maart
  • Trompsburg cluster – 24 Maart
  • Smithfield cluster – 25 Maart
  • Mangaung, Parkweg en Selosesha cluster – 2 April
  • Bethlehem, Phuthaditjaba cluster – 8 April
  • Ficksburg cluster – 22 April
  • Thabong/Welkom cluster – 23 April