Digicoms

Nuusflitse – Februarie 2020 - Landbouers versoek om dadelik inligting oor plaasaanvalle deur te gee

Landbouers versoek om dadelik inligting oor plaasaanvalle deur te gee 

 

 

Veiligheidsverteenwoordigers van landbouverenigings en/of gebiedskantore word versoek om inligting oor plaasaanvalle so vinnig as moontlik aan hul streekveiligheidsverteenwoordiger deur te gee wanneer ’n plaasaanval plaasgevind het.

Dit is onder meer nodig om seker te maak dat die nodige spesialiste, reaksie en skakeling met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op alle vlakke plaasvind en die nodige ondersteuning gebied word.

Medianavrae en skakeling met die nodige rolspelers kan sodoende bewerkstellig word en die nodige inligting vir reflektering kan op databasisse en in gevallestudies realiseer word.