Digicoms

Nuusflitse – Februarie 2020 - Kommentaar gelewer oor konsepreëls en wysigings van dieselrabatte

Kommentaar gelewer oor konsepreëls en wysigings van dieselrabatte

  

 

Konsepreëls en moontlike wysigings vir dieselrabatte is deur Agri SA aan lede versprei vir kommentaar en Vrystaat Landbou (VL) neem ook deel aan die proses.

VL het dit aan kundiges, wat ervaring met die dieselterugbetalingstelsel het, in die rekeningkundige beroep vir insette gestuur.

Die wysigings sal ook op 10 Maart 2020 tydens Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel se vergadering bespreek word.

Sodra die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) die reëls en die wysigings van die skedule voltooi het, sal dit aan VL se lede versprei word.

Indien lede van VL die konsepreëls en wysigings wil sien, kan dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, by 051 444 4609 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gekontak word.