Nuusflitse – Februarie 2020 - Beplan saam aan pad van landbou, nooi Wilken

Beplan saam aan pad van landbou, nooi Wilken 

Tydens die afgelope drie streekkonferensies wat onlangs aangebied is, het lede saam gepraat en help beplan aan die pad van landbou vorentoe. Volgens Francois Wilken, “staan landbou voor die grootste uitdagings en onsekerheid in ons geskiedenis” en daarom is dit belangrik vir almal om saam te span en deel te neem. Alle landbouers, lede van VL én nie-lede, is welkom om deel daarvan uit te maak. 

 

VL speel gasheer vir vyf konferensies, waarvan 3 reeds afgehandel is. Nedbank is die hoofborg van dié geleenthede. Bethlehem (5 Februarie), Tweeling (25 Februarie) en Trompsburg (26 Februarie) is reeds besoek. Ladybrand sal op 17 Maart en Bultfontein op 1 April besoek word. Die tye en lokale kan met die kantoor of met u plaaslike streekverteenwoordiger bevestig word.

Wilken en Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL, sal die sprekers wees én daar sal ook tyd vir insette en vrae wees. Esterhuyse is ook die Voorsitter van die Nasionale Landelike Veiligheidskomitee by Agri SA.

 

Oorblywende datums en plekke:

17 Maart: Ladybrand (Maluti Tavern om 13:00)

1 April: Bultfontein (sal bevestig word)