Nuusflitse – Februarie 2020 - Skryf in vir konferensie; Finaliste vir Jongboer van Jaar bekend

Skryf in vir konferensie; Finaliste vir Jongboer van Jaar bekend 

 

Jongboer Konferensie

Landelike veiligheid bly een van die grootste uitdagings vir landbouers. Verskeie kenners sal vanjaar hul kennis oor hierdie kwessie by Vrystaat Landbou (VL) se gewilde Jongboer-konferensie deel.

Die konferensie, wat op 7 April 2020 in Bloemfontein plaasvind, gaan verskeie bekendes op die gebied van veiligheid sien. Dit sluit Lt. Kol. Johan Gelderblom, die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Vrystaatse koördineerder vir landelike veiligheid, Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL en Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid by Agri SA, en Kobus Visser, Direkteur Landelike Veiligheid en Provinsiale Sake by Agri SA, in. Ander kenners aan die woord, is Gernie Botha, Regsadviseur van VL, Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL, en Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL. Die skrywer Wynand du Toit sal as motiveringspreker optree.

Bywoners van die konferensie wat vroeg reeds hul plekke bespreek, kan boonop vir korting op registrasiegeld kwalifiseer. Diegene wat teen 6 Maart 2020 registreer, sal spesiale korting kry deur net R 280 per persoon te betaal. Gewone registrasiefooie moet teen 25 Maart 2020 betaal wees en kos R 350 per persoon.

Die oproep vir die Jongboer-konferensie én aandfunksie, waar die Jongboer van die Jaar aangewys word, is reeds op 8 Januarie 2020 aan VL se Jongboer-komitee, landbouverenigings en streekverteenwoordigers gestuur. Albei dié geleenthede vind op 7 April 2020 by Monte Bello Estate in die Rosestad plaas.

Spesiale korting is ook van toepassing vir die aandfunksie indien daar teen 6 Maart 2020 registreer word. Daar sal dan slegs R 280 per persoon betaal word. Gewone registrasiefooie moet teen 25 Maart 2020 betaal wees en kos R 350 per persoon. 

 

VL op soek na 25ste Jongboer van Jaar

Kandidate vir VL se Jongboer van die Jaar kompetisie is vanaf 24 tot 27 Februarie 2020 deur die kompetisie se beoordelaars op hul plase besoek en beoordeel. VL sal vanjaar sy 25ste wenner van die kompetisie aanwys. Die volgende finaliste sal op 7 April 2020 om dié gesogte titel meeding:

  • Jimmy Roberts van Hoopstad distrik
  • Douglas Osler van Fouriesburg
  • Annalea van Niekerk van Reitz
  • Nant Yzel van Marquard
  • Louis de Jager van Wepener/ Dewetsdorp

Die wenner sal outomaties aan die Toyota Agri SA se Nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem.

Jongboer-konferensie:
Datum: 
7 April 2020
Registrasie: 08:00
Opening: 08:45
Plek: Monte Bello Estate (Bloemfontein)
Drag: Netjies informeel (geen kortbroeke)
Prys: R 280 per persoon (teen 6 Maart 2020); anders R 350 (teen 25 Maart 2020)
Sperdatum: Registrasies sluit 25 Maart 2020

Jongboer-aandfunksie:
Datum: 7 April 2020
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Monte Bello Estate (Bloemfontein)
Drag: Formeel
Prys: R 280 per persoon (teen 6 Maart 2020); anders R 350 (teen 25 Maart 2020)
Sperdatum: Registrasies sluit 25 Maart 2020

 

Klik hier vir die oproep, inskrywingsvorm en om jou plek te bespreek.

Vir meer inligting oor die Jongboer van die Jaar kompetisie, konferensie of aandfunksie, kontak Elize Spence, Admin Beampte by VL, by 051 444 4609 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vir meer inligting oor ledegeld en afgevaardigdes, kontak Cynthia Troost by 051 444 4609 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.