Speenkalfkbedryf en wolbemarking by werkswinkel bespreek


24 Oktober 2019

Is jy in die speenkalfkbedryf of het jy raad nodig oor wolbemarking? Die volgende Landboumark-werkswinkel, aangebied deur Prof Johan Willemse, in Bloemfontein sal jou die antwoorde gee.

Buiten insiggewende markvooruitsigte wat oudergewoonte by die kwartaallikse werkswinkel op die agenda is, word daar ook gefokus op dié aspekte wat jou kan help om jou boerdery beter te bestuur. Estelle van Reenen van Sparta Beef en Gawie van Heerden van Konsortium Merino sal hul kennis oor onderskeidelik die speenkalfkbedryf en wolbemarking deel.

Lees verder: Speenkalfkbedryf en wolbemarking by werkswinkel bespreek
 

Nuwe landbouseisoen by werkswinkel bespreek


20 Augustus 2019

Wil jy weet wat die markte in die nuwe seisoen inhou? Of wonder jy wat die weer gaan doen? Dan is die volgende Landboumark-werkswinkel, aangebied deur Prof Johan Willemse, in Bloemfontein net vir jou.

Op die agenda by die kwartaallikse werkswinkel is markvooruitsigte vir die nuwe seisoen, asook klimaatvooruitsigte. Johan van den Berg, Landbouweerkundige van Santam Landbou, sal sy kennis oor die klimaat deel, terwyl Willemse, ’n bekende landbou-ekonoom, onder meer die makro-ekononie, graan- en veemarkte sal bespreek.

Lees verder: Nuwe landbouseisoen by werkswinkel bespreek
 

Alternatiewe energie op agenda by werkswinkel

Alternatiewe energie is een van die onderwerpe wat bespreek sal word by Prof Johan Willemse se kwartaallikse Landboumark-werkswinkel in Bloemfontein.

Dr Phillip Olivier is ’n gasspreker en sal op 3 Mei 2019 hieroor praat en lig werp oor wanneer die gebruik van sonkrag werklik betaal. Prof Willemse, ’n bekende landbou-ekonoom, se werkswinkels handel oor landboumarkvooruitsigte en word by die Biker’s Church in die Rosestad gehou.

Lees verder: Alternatiewe energie op agenda by werkswinkel
 

Prof Willemse bespreek impak van bek-en-klouseer


17 Januarie 2019

Die opheffing van Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status het skokgolwe deur die landboubedryf gestuur. Dit beteken onder meer dat die land vir ’n onbepaalde tydperk nie meer vleis en ander veeprodukte mag uitvoer nie, wat groot ekonomiese uitdagings inhou en tot werksverliese kan ly.

Suid-Afrika het sy status verloor nadat die siekte in Januarie 2019 in Limpopo by beeste waargeneem is. Die regering het op 7 Januarie 2019 erken dat bek-en-klouseer in Vhembe by diere aangetref is.

Die impak van bek-en-klouseer is een van die onderwerpe wat die landbou-ekonoom Prof Johan Willemse op 1 Februarie 2019 by ’n werkswinkel oor landboumarkvooruitsigte in Bloemfontein sal aanraak. Willemse sal ook op prys en oesvooruitsigte by sy eerste kwartaallikse werkswinkel van 2019 in die Biker’s Church fokus. Lede van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) sal ook teenwoordig wees en James Faber, Eerste Ondervoorsitter van die RPO, is 'n gasspreker.

Lees verder: Prof Willemse bespreek impak van bek-en-klouseer